Nigerië vernietig 1m AZ-spuite, skenking was oud

Nigerië het meer as ‘n miljoen dosisse AstraZeneca-entstof vernietig omdat hulle verval het. Die stap is geneem minder as ‘n week nadat owerhede in die land gekla het en gesê het dat entstof-skenkings deur Westerse lande ‘n baie kort raklewe het en dat daar net ‘n paar weke is om die entstof toe te dien voor dit verval. Gesondheidsowerhede in die land het aan media gesê hulle was genoodsaak om die skenking te aanvaar, wetende dat dit binnekort sal verval, omdat daar ‘n tekort aan beskikbare entstowwe op die vasteland is. Plaaslik, het die VSA in September en Oktober 224 000 dosisse Pfizer geskenk wat einde Januarie verval. Die entstof het ‘n raklewe van nege maande.