TikTok steek Google verby: gewildste in ’21

TikTok het Google verbygesteek as die gewildste webtuiste in 2021. Dit is volgens Cloudflare se 2021-jaaroorsig en internet-ranglys. Tiktok het verlede jaar die agtste plek op die ranglys beklee terwyl Google heel bo was. Facebook is in die derde plek gevolg deur Microsoft, met Apple in die vyfde plek. Netflix is die gewildste aanlyn-video-diens gevolg deur YouTube en Roku. Cloudflare sê sedert die begin van die Covid-19-pandemie het e-handel sterk gegroei en die top vier e-handelplatforms is Amazon, Taobao, eBay en Walmart.