Ignoreer Eskom betalingsbrief – dis fopnuus

Eskom in Gauteng waarsku die publiek teen ‘n vals media-verklaring wat die rondte doen. In die verklaring word besonderhede verskaf oor ‘n betalingsproses wat klante, wat ‘n afsny-kennisgewing ontvang het, glo moet volg, en ook oor die betaling van ‘n sogenaamde boete. ‘n Woordvoerder van Eskom, Amanda Qithi, sê verbruikers word gemaan om die mediaverklaring te ignoreer, wat kwansuis van die kragverskaffer kom, en om geen betalings in die verband te doen nie.