Nieu-Seelandse boer grawe 7,8kg aartappel uit

Die eienaar van ‘n klein plasie in Hamilton in Nieu-Seeland, Colin Craig-Brown, het ‘n reuse ontdekking gemaak toe hy besig was om onkruid in sy tuin uit te skoffel en op ‘n harde voorwerp in die grond afkom. Hy het dit uitgegrawe, ‘n gedeelte van die skil afgekrap, daaraan geproe en besef dit is ‘n massiewe aartappel. Craig-Browne sê hy vermoed die aartappel het ‘n paar jaar gelede al uit ‘n vorige plant ontwikkel en net aanhou groei. Media berig Craig-Brown wag om te hoor of die aartappel van 7,8 kilogram ‘n nuwe rekord vir die Guinness rekordboek is.