Ons weet wat om te doen – hoekom die hoë syfers vir Covid?

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Europa en Sentraal-Asië is weer die brandpunt van die Covid-19-pandemie. Die organisasie se direkteur in Europa, Hans Kluge, sê hulle verwag ‘n moontlike halfmiljoen bykomende sterftes voor 1 Februarie. Kluge sê Covid-19-gevalle in die streek het die afgelope vier weke met 55-persent gestyg omdat te min mense hulle laat inent het. Intussen het die hoof van die WGO Tedros Adhanom Ghebreyesus gesê daar is geen nodigheid vir die sterftes wat tans aangemeld word nie.