RP distansieer homself van IPV op Henties

Die Independent Patriots for Change-party is weer in die nuus, vir al die verkeerde redes. Volgens berigte het die Republikeinse Party op Hentiesbaai homself van die IPC gedistansieer en volgens die burgemeester, RP-lid Lewies Vermaak, kan hulle nie meer met die IPC-raadslik Siefried Garoëb saamwerk nie. Daar word beweer dat Garoëb in 2018 deur die dorpsraad afgedank is omdat hy na bewering geld gesteel het. Hy het by die raad se finansiële afdeling gewerk. Dit is die inligting wat veroorsaak het dat die Swakopmund IPC-raadslid Ciske Smith-Howard deur die party geskors is. Die RP sê hy sal voortaan met Swapo en die UDF saamwerk. Die IPC se Erongo-voorsitter Aloisius Kangula het aan plaaslike media bevestig dat hulle nie kennis dra van Garoëb se betrokkenheid by diefstal by die dorpsraad nie maar wel weet van ‘n saak van huisbraak in 2011 of 2012, wat van die rol geskrap is.