Nieu-Seeland word geruk deur sy grootste aardbewing vanjaar

Nieu-Seeland is getref deur sy grootste aardbewing nog vanjaar – ‘n skudding van 5,8 op die Richterskaal wat naby die hart van die land getref het. Die sterk aardbewing was gesentreer net langs Marlborough Sounds tussen die Noord en Suid Eilande, wat Kiwi’s vandag Nieu-Seelandse tyd nege uur die aand laat skud het. Daar was geen onmiddellike berigte van ernstige skade nie.