Numsa blameer beurtkrag op De Ruyter

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, weet glad nie hoe om die land se energiekrisis op te los nie. Al meer stemme gaan op dat hy moet bedank weens die voortgesette beurtkrag. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê toe De Ruyter by die kragverskaffer begin het, het hy belowe om beurtkrag binne 18 maande te beëindig, maar hy kon nie sy belofte nakom nie. Hlubi-Majola sê daar moet gevra word wie se belange bevorder word met De Ruyter wat steeds toegelaat word op Eskom op ‘n pad van vernietiging te lei: