DA: Beurtkrag het verwoestende impak op netwerke

Die DA doen ‘n beroep op die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Khumbudzo Ntshavheni, om in te gryp aangesien beurtkrag landwyd ʼn verwoestende uitwerking op die bestendigheid van netwerkverbindings het. Die DA is uiters besorg aangesien dit burgers onvermydelik kwesbaar laat sonder die moontlikheid om te kommunikeer, veral in noodgevalle. ʼn Woordvoerder van die party, Tsholofelo Bodlani, is veral besorg oor berigte dat die selfoontorings van die telekommunikasie-reuse MTN en Vodacom ernstig geraak word.