Nie ingeënt? Jy help variante aan sê Cyril

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika sê hoe meer mense nie ingeënt word nie en kwesbaar bly om Covid-19 op te doen, hoe groter is die kans dat nuwe en gevaarliker variante van die virus kan ontstaan. Altesaam 14,6 miljoen dosisse entstof is reeds in Suid-Afrika toegedien. Ramaphosa sê in die Oos-Kaap, Limpopo en die Wes-Kaap is meer as een uit elke vyf volwassenes reeds volledig ingeënt: