Covid-afname as gevolg van nakoming van maatreëls

Die Covid-19-gevalle in Namibië is tans laag in vergelyking met vorige maande, gister het Namibië 87 nuwe Covid-gevalle aangeteken. Dr Ester Muinjangue, die adjunkminister van gesondheid, het gesê dat dit die gevolg is van Namibiërs wat aan die Covid -regulasies voldoen. Dr Muinjangue het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.