Nictus presteer met halfjaarlikse resultate

Nictus het sy halfjaarlikse resultate vrygestel nadat daar reeds op die Namibiese Aandelebeurs oor Nictus se prestasie van die ses-maande tydperk berig is. Nictus se aandeelhouers kan meer as tevrede wees met wesensverdienste wat met byna 340 persent gestyg het. Die besturende direkteur, Philippus Tromp, het die maatskappy se sukses toegeskryf aan die vermoë om aan te pas by die voortdurend veranderende omgewing.