ActionSA vra Stad Tshwane se infrastruktuur-instandhoudingsplanne

ActionSA in Gauteng het weer ‘n beroep op die Stad Tshwane gedoen om sy infrastruktuur-instandhoudingsplanne te openbaar. Dit volg ná die onlangse brand by die Mooikloof-substasie. Inwoners van sekere voorstede is geraak. ActionSA se woordvoerder, Nkele Molapo, sê vroeër vanjaar het inwoners van Pretoria-Oos dieselfde deurgemaak toe die Wapadrand-substasie aan die brand geslaan het.