Nico Tromp word vereer

Netwerk Namibië doen op 21 September ʼn oorhandiging van ʼn kultuurtoekenning aan Denése Tromp, vir wyle Nico Tromp se bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur in Namibië. Tromp was as sakereus in Namibië ge-ag. Hy is op 27 Junie vanjaar aan Covid-19 oorlede. Koos Ferreira ‘n bekende sakeman en voormalige hoof uitvoerende beampte van Namib Meulens sê Tromp het ‘n reuse bydra gelewer.