Nghipunya moet wag tot volgende jaar

Die voormalige hoof van Fishcor en Fishrot-beskuldigde Mike Nghipunya se verhoor op ‘n klag van strafbare manslag is uitgestel tot volgende jaar 7 Februarie. Die landdros, Ivan Gawanab was genoodsaak om dit te doen omdat Nghipunya se prokureur Samson Enkali, wat instaan vir Kadhila Amoomo, gesê het daar was nie tyd om oor die saak te konsulteer nie. Die laaste uitstel was reeds op 25 November 2020 maar, verhoorafwagtende gevangenes is ook ‘n geruime tyd besoekers verbied. Die saak spruit uit ‘n motorongeluk op 16 Augustus 2017. Nghipunya het na bewering deur ‘n rooi verkeerslig gery en een persoon is dood. Hy het ook nie die ongeluk aangemeld nie. In die saak, het Nghipunya net ‘n waarskuwing gekry maar, hy is steeds in aanhouding by die Windhoek gevangenis in verband met die Fishrot-omkoopsaak.