Coca-Cola se inentingsentrum loop vlot

Coca-Cola Namibia in samewerking met Africa Personnel Services onder die vaandel van die Namibiese gesondheidsministerie, het verlede week ‘n inentingsentrum in die Lafrenz-nywerheidsgebied by Coca-Cola se hoofkantoor in Rendsburgerstraat oopgemaak en sal tot einde Oktober oop wees. Enid Johr, Coca-Cola Namibia se hoof van openbare sake en kommunikasie, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat alles vlot by die sentrum verloop. Sy doen ‘n beroep op Namibiërs om ingeënt te word.