N$120m in onluste in SA, in kontant, in 8 dae, gesteel

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum, Sabric, sê minstens 1 227 kitsbanke en 310 banktakke is tydens verlede maand se onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal beskadig of vernietig. Bykans 120 miljoen Suid-Afrikaanse rand se kontant is binne agt dae gebuit, terwyl nagenoeg 40 kitsbanke fisiek van hul persele verwyder is en 82 kluise in banke oopgebreek is. Sabric se bestuurshoof, Nischal Mewalall, sê die gesteelde geld is ‘n opbrengs uit misdaad en dien as krygskas om nog meer georganiseerde misdaad te finansier, meer amptenare korrup te maak en wetteloosheid te bevorder.