Netbal: Proteas is reg vir Quad-reeks

Die Suid-Afrikaanse Proteas is gereed vir die 2022 Quad-reeks wat vandag in Londen begin. Die ander spanne wat deelneem is Engeland, Australië, en Nieu-Seeland. Die Rose van Engeland meet vanmiddag in die eerste wedstryd kragte met die Proteas. Die Suid-Afrikaners het hulle vyfde plek op die jongste netbalwêreldranglys behou. Australië is bo-aan die ranglys, die wêreldkampioene, Nieu-Seeland is tweede, en die Gemenebes Spele se kampioen, Engeland, is in die derde plek.