Net minder as N$37m opgeëis by mosiehof

‘n Totaal van 83 aansoeke om verstekvonnisse was vanoggend in die mosiehof op die rol, waarvan 21, reël 108 aansoeke was. Die sessies is tussen regters Hosea Angula, Collins Parker en Herman Oosthuizen opgedeel. Kommersiële banke het 49 van die aansoeke gebring, waaronder een plaas wat opgeëis is deur Agribank. Daar is 22 eiendomme met uitstaande lenings ter waarde van 24,7 miljoen dollar teruggevra en 20 lenings waarop 12 miljoen dollar geskuld word is ook betaalbaar. Sewe voertuie is teruggevra. In Maandag se sessie, sal regter Thomas Masuku 66 onverdedigde egskeidings hanteer.