Boere wat Stampriet-water gebruik moet aanmeld by die NLU

Die Namibiese Landbou Unie doen ’n ernstige beroep op alle boereverenigings en individue wat in of rondom die Stampriet Artesiese Kom plase besit, om asseblief onmiddellik die NLU-kantoor te voorsien van alle plaasname waarop tot dusver beide eksplorasieboorgate én boorgate vir water deur die prospekteerders geboor is. Tania Dahl, woordvoerder van die unie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.