Net een batterylaai-gleuf in EU toegelaat

Die Apple-maatskappy maan vernuwing kan onderdruk word nadat die Europese Unie ‘n voorwaardelike besluit geneem het alle kleiner elektroniese toestelle moet dieselfde batterylaai-gleuwe, naamlik USB-C, gebruik. Die Europese Kommissie het laas ‘n aanwysing hieroor uitgereik en verduidelik die stap sal elektroniese rommel en afval verminder want verbruikers sal nie meer verskillende laaikabels nodig hê nie. Internasionale media berig dit sal Apple dwing om toestelle soos die iPhone en die AirPod te herontwerp om na die herfs van 2024 steeds in die EU toegelaat te word.