Boere moet betaal vir winde wat diere opbring…

Nieu-Seeland het ‘n wetsontwerp voorgestel om ‘n prys te stel op die metaangas wat vee uitlaat wanneer hulle winde opbring. Die voorstel sal die land die eerste ter wêreld maak wat boere laat betaal vir gasvrystellings van hul vee. Die land het 5 miljoen mense maar, 10 miljoen bees en 26 miljoen skaap. Die voorstel sal ‘n gemiddelde prys vir boere bepaal, gebaseer op boerderymetodes en die hoeveelheid vee. Die land se minister vir klimaatsverandering, James Shaw, sê almal moet betaal vir hulle besoedeling.