Wapengeweld in VSA: Biden maak skokstatistiek bekend

Wapenwette in die VSA is steeds in die nuus. Die kwessie is gekompliseerd omdat die Republikeinse Party tradisioneel die huidige wetgewing, wat min beperkings het, ondersteun terwyl liberale en die Demokratiese Party meer beperkings vra. Peilings in die land toon dat 60 persent van Amerikaners strenger wette vir die aankoop van vuurwapens ondersteun en President Joe Biden het weer ‘n beroep op wetgewers in die land gedoen om beperkings in te stel. Hy het die skokkende statistiek bekend gemaak.