Net 5 persent van boere in Kavango Oos sal goeie oeste oplewer

Die droogte is tot groot kommer van Namibiese boere. Selfs van die noordelike dele van Namibië het laat en min reën ontvang. Vir inwoners van die Kavango-streke wat tradisionele ‘n goeie reënvalstreke is, is dit moeilik om te glo dat hulle ‘n onder-gemiddelde reënseisoen gehad het. Die goewerneur van Kavango-Oos Bonifatius Wakudumo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê as hulle gelukkig is, sal slegs sowat vyf persent boere goeie oeste oplewer.