IMF hou hantering van staatskaping in SA fyn dop

Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika se ekonomiese toekoms hang af van hoe streng teen staatskaping opgetree word. ‘n Span van die fonds het die land vroeër die maand besoek. Hulle sê strafregtelike vervolging en toepassing van sanksies teen korrupsie-oortredings moet verskerp word en geloofwaardige en doeltreffende afskrikmaatreëls moet ingestel word. Die fonds sê teenkorrupsie-agentskappe moet toegerus word met voldoende regsbevoegdheid, kapasiteit en operasionele onafhanklikheid om politieke inmenging te voorkom.