Kaapse geslagsgeweld-veldtog duur voort

Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die provinsiale regering werk hard om geslagsgeweld deur sy Verbreek die kringloop-veldtog te bekamp. As deel van die veldtog was provinsiale amptenare gister in Delft wat een van die land se grootste misdaadbrandpunte is. Allen sê die talle en ingewikkelde oorsake van geslagsgeweld sluit in mishandeling tussen generasies en volgehoue blootstelling aan geweld. Hy sê dit strek oor die grense van ras, inkomste en geografiese gebiede: