NEFF sal met NamRA vergader, optog hou op 18de

Die Namibia Economic Freedom Fighters sê verteenwoordigers van die party is nie toegang tot Dimbulukeni Nauyoma en Michael Amushelelo gegun nie. Die twee is sedert Vrydag in aanhouding. Volgens Kalimbo Ipumbu van die party, wou hulle seker maak die twee word in voldoende toestande aangehou voor hulle verskyning Maandag in die hof op klagte wat nog geformuleer moet word. Ipumbu sê die party vergader Dinsdag met NamRA om die vernieting van 5 miljoen Namibiese dollar se vervalste goedere te bespreek, en sal op 18 Mei ‘n landswye protesaksie hou.