Bulle, Cheetahs behaal oorwinnings

Die Bulle het die Leeus met ses drieë teenoor vyf geklop op hul pad na ‘n oorwinning van 43-47 in ‘n Curriebeker-kragmeting op Loftus Versfeld. Die Bulle het in een stadium met 35-10 voorgeloop, maar hulle het die oorwinning eers in die 77ste minuut beklink toe die Leeus se kaptein Burger Odendaal ‘n ongewone drie prysgegee het. In Bloemfontein het die Cheetahs met 44-15 ‘n bonuspunt-oorwinning oor die Haaie behaal en hul negende oorwinning in nege wedstryde hierdie seisoen behaal.