Fase twee-beurtkrag SA se voorland volgende week

Eskom sê beurtkrag sal waarskynlik deur die hele komende week tussen vanaf vyf-uur namiddag en tien-uur saans ingestel word as die tekort aan opwekkingskapasiteit voortduur. Weens die verdere verlies aan opwekkingskapasiteit ná bedryfsteurings by verskeie kragstasies, was die kragverskaffer gisteraand genoodsaak om fase twee-beurtkrag in te stel. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê daar word voortgegaan om die situasie fyn dop te hou en inligting te verskaf soos dit nodig raak: