NEFF kry twee nuwe (omstrede) lede

Die twee omstrede handelaars in buitelandse valuta, Michael Amushelelo en Gregory Cloete, is nou lede van die Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters. Die twee, wat op die oomblik op klagte van geldwassery, bedrog en meer verhoor word, het ‘n baie groot bohaai gemaak van hul aansluiting by die NEFF en het video’s op hul sosiale media platforms gedeel.