FDA keur medikasie goed vir behandeling van seldsame epilepsie by kinders

Die Amerikaanse Voedsel en Medisyne Administrasie, die FDA, het medikasie goedgekeur om stuiptrekkings te behandel wat  by die Lennox Gastaut-sindroom, ‘n seldsame soort epilepsie by kinders, voorkom.  Die Belgiese biotegniese maatskappy UCB SA het dit ontwikkel. Die middel staan bekend as Fintepla, en het reeds goedkeuring in Amerika om nog ‘n soort epilepsie by kinders, naamlik die Davet-sindroom, te behandel. Die goedkeuring kom nadat inligting oor die veiligheid en sukses voorgelê is. Dis verkry deur ‘n Fase 3 kliniese proefneming met 263 pasiënte.