NEFF-aktivis staan by werkers van Craft Bistro

Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo is besig in die nuwe jaar. Maandag was hy by die staking van vulstasiewerkers van die Total Riverside-diensstasie in Windhoek totdat hulle hul Desember-salarisse ontvang het. Daarna is hy na die Craft Bristo by die Namibia Craft Centre in die middestad waar hy steeds vandag ontevrede werkers bystaan. Hy sê die eienaars het ‘n saak by die polisie teen hom aanhangig gemaak. Amushelelo sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy sal altyd werkers bystaan wat onbillik behandel word.

Kosmos 94.1 Nuus het ook met een van die werkers by Crafat Bistro gepraat wat sê hulle streef net na ‘n beter werksomgewing.