Wes-Kaapse skole heropen volgende Woensdag

Wes-Kaapse skole maak weer hul deure op Woensdag 18 Januarie oop. Die onderwysdepartement in die provinsie sê hy het goed voorberei vir die begin van die nuwe skooljaar met die doel om te verseker dat onderrig van dag een af begin. Skole is reeds in Mei 2022 die geleentheid gebied om aanvul-handboeke vir die 2023-skooljaar te bestel. Die bestellings teen ‘n koste van 62,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand is teen 28 Oktober 2022 volledig by skole afgelewer, sê kommunikasiedirekteur van die onderwysdepartement, Bronagh Hammond.