TLU SA: Ramaphosa vernietig brûe wat gebou is

Die landbou-organisasie TLU SA sê President Cyril Ramaphosa se onlangse opmerkings oor wit mense is nie opbouend nie en vernietig goeie werk wat gedoen is. Die hoofbestuurder, Bennie van Zyl, het gereageer op Ramaphosa wat tydens die ANC se 8 Januarie-feesvieringe gesê het wit mense se tyd is verby. Van Zyl sê Ramaphosa het herhaaldelik na die ANC se siening oor rassisme verwys en genoem dat Suid-Afrika geen plek is om rassisme te beoefen nie.