NEEEF word steeds hersien

Die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gesê die Wetsontwerp op Nuwe Gelyke Ekonomiese Bemagtiging, bekend as NEEEF, is steeds onder hersiening by die kabinetskomitee en is nog nie gefinaliseer nie. NEEEF is ‘n beleid wat moet dien as ‘n regstellende maatstaf maar die wetsontwerp het groot kritiek uitgelok, ook vanaf vakbonde en is herhaaldelik onttrek en aangepas. Kuugongelwa-Amadhila praat met Kosmos 94.1 Nuus.