Moenie die wildsveiling by die Outjo Wildsfees misloop nie

Die Outjo Wildsfees vind die naweek by die Sophienhof Lodge op Outjo plaas. Buiten al die stalletjies en vermaak van top-kunstenaars uit die boonste rakke, is een van die groot trekpleisters die wildsveiling van Du Preez Wild van Otjiwarongo. Dirk du Preez vertel aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die wildsveiling Saterdag bygewoon moet word.