Geen nuwe aansoeke vir vulstasies en brandstof-groothandelaars aanvaar

Die Namibiese ministerie van myne en energie het aangekondig dat dit geen nuwe aansoeke vir lisensies vir nuwe vulstasies en brandstof-groothandelaars landwyd gaan aanvaar nie. Volgens die ministerie is beide die brandstof groot- en kleinhandelmarkte hoogs versadig, wat weer gelei het tot die hoë brandstofpryse in die land. Die woordvoerder van die ministerie, Andreas Simon, is aan die woord.