Nee vir homoseksualiteit

Betogers wat gekant is teen dieselfde geslag-huwelike en die afskaffing van die sodomiewet het by die Zoo Park in Windhoek ‘n gebedsbyeenkoms gehou. Lede van verskillende kerke het byeen gekom om standpunt hieroor in te neem. Pastoor Shirley Magazi van die koalisie van kerke het aan diegene wat homoseksualiteit beoefen, gesê hulle moet weet dat God hulle liefhet. Biskop Henry Ndozi-Okia van die Model Prayer Ministry gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.