Gigaba terug voor staatskapingskommissie

Die gewese Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, het bewerings ontken dat hy in die posisie aangestel is om die omstrede Gupta-familie se naturalisasie goed te keur. Dié bewerings is deur Gigaba se vervreemde vrou, Norma Mngoma, gemaak. Gigaba is terug voor die staatskapingskommissie waar hy vrae beantwoord oor bewyse wat deur Mngoma voorgelê is. Hy sê sy oordryf haar belangrikheid deur te sê hy sou met haar beraadslaag wat sy werk as minister betref.