Nee, minister, dokters is nie geplaas nie: DA

Die DA sê hy gaan aan die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, skryf, oor inligting wat hy ontvang het dat meer as 200 dokters wat hul internskappe suksesvol voltooi het, nog vir gemeenskapsdiens geplaas moet word. Die DA sê dit weerspreek Phaahla se stelling in Februarie dat alle gegradueerdes wat vir plasing in aanmerking gekom het, reeds geplaas is. Die DA-lid, Michele Clarke, sê volgens die Internskap- en Gemeenskapsdiensprogram is daar geen vakante poste nie: