DRK: Nog 5 500 mense vermis ná oorstromings

Meer as 5 500 mense word nog vermis in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo waar oorstromings reeds meer as 400 lewens geëis het. Talle oorlewendes wag dringend op voedsel van hulpverlenings-organisasies. Tientalle liggame is in twee dorpies in die Suid-Kivu-provinsie aangetref. Swaar reënval het tot fratsvloede en modderstortings gelei. Landerye is oorstroom en talle geboue is platgevee.