Nederland kondig watertekort aan

Die Nederlandse regering het ‘n watertekort te midde van die droogte verklaar. Twee-derdes van die Nederlandse bevolking leef laer as seevlak en droogtes kan vinnig in ‘n ernstige krisis ontaard met riviere wat toe-slik en waterverkeer belemmer. Die regering sê die suidelike provinsies van Zeeland en Limburg het reeds boere verbied om hulle gewasse met oppervlakwater te besproei. Die minister van Infrastruktuur en Waterbestuur, Mark Harbers, sê die eerste prioriteit is nou om seker te maak noodsaaklike dyke bly veilig, en om aandag te gee aan drinkwater en energievoorrade.