Skrootmetaal om in Zim te oorleef

Nes in Namibië, is die informele sektor die enigste opsie in Zimbabwe om te oorleef. Daar is duisende Zimbabwiërs wat genoodsaak is om skrootmetaal bymekaar te maak en te verkoop om kos op die tafel te sit. Jaarlikse inflasie, wat 256,9 persent in Julie bereik het, het die land se ekonomie op sy knieë gedwing en die heersende internasionale uitdagings het sake verder vererger. Zimbabwe se staalbedryf sukkel sedert die ineenstorting van die Zimbabwe Iron and Steel Company meer as ‘n dekade gelede maar klein staalprodusente wat die leemte begin vul, werk met skroothandelaars wat op hulle beurt uit die informele mark aankoop.