Skuldvlakke wek plaaslik kommer

‘n Dieper ontleding van die jongste syfers in verband met privaatsektor kredietverlening toon dat meeste Namibiese verbruikers op kort-termyn krediet oorleef. Teen die einde van Junie, het verbruikers net meer as 12,6 miljard Namibiese dollar in oortrokke fasiliteite en ander kort-termyn krediet soos kredietkaarte en persoonlike lenings geskuld. Sedert Junie 2019, het huishoudings se kort-termyn krediet met net minder as 27 persent gegroei en sedert Junie 2016, die eerste jaar van Namibië se huidige resessie, het dit met 74,2 persent gegroei. Daar is kommer oor die toenemende skuldvlakke gepaard met die impak van stygende rentekoerse. Suid-Afrika het sy rentekoers met 75 basispunte verhoog en plaaslik word die aankondiging op 17 Augustus verwag.