Nedbank Cycle Challenge 2023 op 12 Februarie

Die Nedbank Cycle Challenge 2023 is vandag by die Nedbank Namibia se hoofkantoor bekendgestel. Dié gewilde fietsry-geleentheid sal op Sondag 12 Februarie by die Nedbank-kampus op die hoek van Fidel Castro- en Reverend Michael Scottstraat in Windhoek plaasvind. Die sportminister Agnes Tjongarero het bevestig inskrywing vir fietsryers is nou oop. Die president van die Namibiese Fietsry-federasie, Axel Thiessen sê aan Kosmos 94.1 Nuus sowat ‘n 1 000 fietsryers word verwag.