Nampol: Misdaadgevalle styg tydens feesseisoen

Tydens die 2022/2023-feesseisoen misdaadvoorkomings-operasies van die Namibiese polisie is 1 758 ernstige misdaadgevalle landwyd aangeteken, vergeleke met 1 621 gevalle gedurende die 2021/2022 feesseisoen, wat ‘n styging van 8 persent is. Altesaam 719 verdagtes is gearresteer, vergeleke met 779 verdagtes in die 2021/2022-feesseisoen, sê generaal-majoor Elias Mutota, die adjunk-inspekteur-generaal vir operasies van Nampol. Vir aanranding met die doel om ernstig te beseer is 503 verdagtes in hegtenis geneem, 258 vir bedrog, 248 vir veediefstal, 169 vir verkragting, 142 vermeende dwelmsmouse, 65 vermeende wildmisdadigers en 57 vermeende moordenaars.