Amnics Trading verpak net mediese produkte van Maleisië

Shapwa Kanyama het gereageer op die storm rondom sy maatskappy Amnics Trading wat aangekondig is as die voorkeur-bieër vir ‘n multimiljoen Namibiese dollar-tender vir mediese voorsiening. Die tender sluit die verskaffing van kondome ter waarde van N$111 miljoen in. Hy het met die Namibiese dagblad The Namibian gesels.  

Amnics Trading se produksiebestuurder, Julio, sê die kondome en mediese handskoene word in Maleisië vervaardig, in grootmaat na Namibië gebring en verpak.