NDF-kandidate hol rond by stadion in Windhoek

Kandidate op die NDF se kortlys in Khomas-streek ondergaan tans verskeie fisieke toetse by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek. Kaptein Stanley Kapuire, wat die werwingsbeampte vir die weermag in die streek is, sê kandidate op die kortlys moet nog verskeie toetse ondergaan voordat die finale keuring gemaak word. Meer as 250 kandidate is op die oomblik by die Onafhanklikheidstadion bymekaar om fisiese, mediese en teoretiese toetse te ondergaan. Die streek het sowat 8 000 aansoeke ontvang. Kapuire verduidelik.