Enyobeni toksikologie nog nie gereed nie

Die Oos-Kaapse Gesondheidsdepartement sê die Enyobeni-taverne se finale toksikologie-resultate is nog nie gereed om aan die families bekend te maak nie omdat kenners steeds besig is om dit te ontleed. Een-en-twintig jong mense is in Junie by die taverne dood. ‘n Voorlopige toksikologieverslag het metanol in die slagoffers se bloed gevind. Die slagoffers se ouers het ‘n taakspan gevorm en beloof om die regering uit te daag omdat die verslag nie vrygestel word nie. Die regering sê die resultate sal mettertyd en toepaslik vrygestel word.