NDF is besig met oefeninge in die Noorde

Die Namibiese weermag is reeds besig met militêre oefeninge in die Oshana- en Oshikoto-streke. Luidens ‘n verklaring is lede veral bedrywig in die gebied van Oshivelo, Ondjamba en Uulunga waKolonde. Lede van die publiek word ingelig dat hulle gereeld soldate en militêre voertuie, sowel as vliegtuie sal sien. Daar sal ook geweerskote en ontploffings gehoor word. Die weermag sê lewendige ammunisie sal tydens die oefening gebruik word. Die publiek hoef geen kommer te hê maar word gemaan om vee uit die gebied van veral Uulunga waKolonde te hou. Die oefeninge duur tot 29 Oktober.